Hoërskool Bothaville het vir die tweede agtereenvolgende jaar die kroon gespan as algehele wenners in Landboutegnologie tydens die nasionale Farmskills‑kompetisie. Hierdie jaar het 19 skole hul vaardighede kom meet, en Bothaville se leerders het weer hul merkwaardige talent en toewyding bewys.
Hoërskool Bothaville se span gaan ook met trots hul vaardighede by Nampo Alfa demonstreer.
Finale Uitslae – Farmskills Afdeling
- Landboutegnologie: 1ste plek
- Landboubestuurspraktyk: 5de plek
- Algeheel: 4de plek
Implementebou – 1ste plek
- CH Steenkamp
- Rouxan Fouché
Trekker ry – 1ste plek
- Wian Kirsten
- George Beyers (helper)
Kaskarbou – 2de plek
- Dian Bezuidenhoud
- WH Badenhorst
- Johri Venter
Draadspan – 2de plek
- Hermand Labuschagne
- PG Rossouw
- Robbie Roos
Trekker fout vind – 3de plek
- Pedri van Zyl
Ram‑ en ooiseleksie – 3de plek
- Hendré van Heerden
- Hermand Labuschagne
Die prestasies bevestig Bothaville se reputasie as ’n landbou‑leierskool waar harde werk, praktiese vaardigheid en spanpoging vrugte afwerp. Baie geluk aan elke leerder wat die maroenbaadjie met soveel trots laat skitter!
https://www.facebook.com/BothavilleHS/
Foto verskaf






