Hoërskool Bothaville kroon hokkiehelde!
2de span wen Lejweleputswa B‑liga onoorwonne

Hoërskool Bothaville kroon hokkiehelde


Hoërskool Bothaville se 2de hokkiespan is die Lejweleputswa B‑liga se onoorwonne helde.

Trots is die woord wat Bothas se hokkie‑bokkies en die skool se gevoel die beste beskryf. Hierdie jaar het die skool sy 2de span in die Lejweleputswa B‑liga ingeskryf, en die dogters het met uitmuntende spel en vasberadenheid elke wedstryd oorheers.

Onverslaanbare kampioene

Met harde werk, spanpoging en toewyding het die span onoorwonne gebly en die titel van Lejweleputswa B‑liga wenners 2026 verower.

“Baie geluk aan elke speler en afrigter – julle deursettingsvermoë en passie het die vrugte gepluk en Hoërskool Bothaville se naam met trots laat skitter.”

https://www.facebook.com/BothavilleHS/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article