Volkskool-ryers skitter by IMPI Hard Enduro 2026
Volkskool-ryers skitter by IMPI Hard Enduro 2026

Volkskool-ryers geskitter by IMPI Hard Enduro 2026


Van 2 tot 4 Julie het twee Volkskool-ryers geskitter. Erik Swanepoel en Frederick de Klerk van Hoërskool Graaff-Reinet die uitdagende IMPI Hard Enduro in die Noordelike Drakensberge aangepak. Dit is een van Suid-Afrika se grootste en mees veeleisende enduro-byeenkomste. Met meer as 1 200 internasionale deelnemers wat hul vaardighede teen die bergagtige terrein getoets het, het die Volkskool-ryers puik gevaar.

Erik het ’n indrukwekkende 33ste plek uit 517 deelnemers in die Bronze-klas behaal, terwyl Frederick met ’n uitmuntende 10de plek uit 337 deelnemers in die Iron-klas afgesluit het. Die wedren strek oor drie dae en 300 km, met gemiddelde rytye van 7 tot 9 uur per dag. Dit is ’n ware toets van uithouvermoë en tegniese vaardigheid.

Vanjaar se voltooiingskoers was slegs 48%, wat die intensiteit van die kompetisie beklemtoon. “Baie geluk aan die 2 Volkskool-ryers Erik en Frederick. Julle vasberadenheid en liefde vir die sport maak Hoër Volkskool Graaff-Reinet baie trots. Ons sien uit na nog vele suksesverhale!”

https://www.facebook.com/hvsgrt

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article