Gauteng – Hoër Volkskool Heidelberg vier met trots die merkwaardige prestasies van hul Graad 12-leerders tydens die distrik se Top Akademiese Presteerders-toekenningsgeleentheid. Met nie minder as 12 toekennings nie het Volkies die meeste toekennings van alle skole in die distrik ingepalm.

Toppresteerders

  • Henru Coetzer – Top akademiese presteerder in die distrik én beste in Wiskunde, Ingenieursgrafika en -ontwerp (IGO) en Fisiese Wetenskappe.
  • Anell Shepherd – Derde beste akademiese presteerder én beste in Geskiedenis.
  • Chriselda Viljoen – Vierde beste akademiese presteerder én beste in Engels; ook toppresteerder in Lewensoriëntering. Danika van Jaarsveld – Beste in Toerisme.
  • Luane van Staden, Chriselda Viljoen en Lihandi Venter – Beste in Lewensoriëntering.
  • Christi Jordaan – Beste in Gasvryheidstudies.
  • Dannika Hebler – Beste in Dramastudies.
  • Jessica H., Annagreth Botha en Annalize Vermaak – Trofeë vir ’n akademiese gemiddeld van meer as 83%.

Trots en Erkenning

Hierdie uitsonderlike prestasies is die vrug van harde werk, deursettingsvermoë en toegewyde onderwysers wat daagliks die ekstra myl stap met die leerders. Volkies se leerders het nie net uitnemendheid nagestreef nie – hulle het dit geleef.

https://volkies.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article