VANDERBIJLPARK – Saterdag, 29 Augustus 2026 sal onthou word as ’n mylpaal in VALIA se krieketgeskiedenis. Nie net was dit die eerste ligawedstryde van die Noordvaal Liga nie, maar ook ’n dag vol “eerstes” wat die trots van Transvalia se krieketgemeenskap bevestig.
- Eerste 50-boulbeurt ligawedstryd vir die 2de span (Seccies) in die Vaaldriehoek Skoleliga.
- Eerste keer drie VALIA-spanne (1stes, o/15’s en 2des) wat op ’n Saterdag gelyktydig 50-boulbeurtwedstryde kon speel.
- Eerste ligawedstryd in kleurkit en met pienk bal vir die 1ste span – ’n vars inisiatief van die Vaaldriehoek-komitee.
- Eerste 100-tal van die seisoen vir die Ligblou: Kaptein Declan Steinmann met ’n uitmuntende 110 lopies van net 64 aflewerings.
1stes vs Heidelberg Volkskool
- Volkskool: 235/10 (44.4); Jeanré Barnard – 3/29 (6)
- Transvalia: 236/5 (33.4); Declan Steinmann – 110 (64); Ashton Cachia – 46 (89). VALIA wen met 5 paaltjies!
O.15’s vs Heidelberg Volkskool
- Volkskool: 319/10 (48.3) JW Herselman – 3/55 (10)
- Transvalia: 320/3 (44.2) JD de Bruyn – 136 (70); Juan Kellerman – 89* (130); Damon Kelly-Gliddon – 66* (49) VALIA wen met 7 paaltjies!
Tweedes vs Heidelberg Volkskool
- Volkskool: 170/10 (36.5) – Ruvan Daniel – 3/6 (4); Ivan Senekal – 3/16 (5)
- Transvalia: 162/10 (31.5) – Lorenzo Flynn – 36 (31) Volkskool wen met 8 lopies.
’n Dag van hoogtepunte wat VALIA se krieket laat skitter het. Baie geluk aan al die spanne en dankie vir die ongelooflike ondersteuning langs die veld. Week 2 beloof nóg aksie en trots!
https://www.hstransvalia.co.za/
Foto’s verskaf






