Kovsie Smash Krieketweek - Hoërskool Transvalia skitter
Kovsie Smash Krieketweek – Hoërskool Transvalia skitter

Kovsie Smash Krieketweek 2026 – Hoërskool Transvalia skitter


Kovsie Smash Krieketweek 2026. Kovsie Smash Dag 2.

Die manne in Ligblou wys hul staal by die Kovsie Smash Krieketweek 2026 en lê bo in Groep A nadat hulle al vier hul poelwedstryde gewen het!

Dinsdag, 6 Januarie

Valia teen Merensky

Merensky het eerste gekolf, maar is vir 60 lopies in 16.1 boulbeurte uitgeboul.

  • Aden Matthee: 2/10
  • Declan Steinmann: 2/17

Valia jaag die teiken vinnig af in net 6.1 boulbeurte en wen met 6 paaltjies.

  • Kriegler Botha: 25* (11 balle)

Transvalia teen Jim Fouché

Valia kolf eerste en teken 98 lopies aan.

  • Kriegler Botha: 27 (24)
  • Abrie Botha: 16 (13)

Valia se boulers het uitstekend gevaar, ondersteun deur skitterende veldwerk. Jim Fouché is vir 47 lopies in die 13de boulbeurt uitgehaal.

  • Declan Steinmann: 4/12 in 4
  • Kriegler Botha: 3/7 in 4

Valia wen oortuigend met 51 lopies!

Woensdag, 7 Januarie

Valia vs Trio – 09:00 by Tommix Oval, Grey College. Sterkte manne!

Lees meer uitstekende skolenuus hier! https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.hstransvalia.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article