KOVSIE Smash Krieketweek 2026 - Hoërskool Jim Fouché skitter
KOVSIE Smash Krieketweek 2026 – Hoërskool Jim Fouché skitter

KOVSIE Smash Krieketweek 2026 – Hoërskool Jim Fouché skitter


KOVSIE Smash Krieketweek 2026. Hoërskool Jim Fouché se eerste krieketspan het gister, 5 Januarie, die KOVSIE Smash Krieketweek in Bloemfontein met twee oortuigende oorwinnings afgeskop.

Eerste wedstryd: JF teen Witteberg

JF het eerste gekolf en 90/7 in 20 boulbeurte aangeteken. Die boulers het daarna die oorhand geneem en Witteberg vir slegs 32 lopies uitgeboender. JF wen met 58 lopies.

  • Uitblinkers met kolf:
    • Ruan Kleyn – 23
    • Benco Olivier – 19
    • André Kleyn – 12
  • Ster-boulers:
    • Cobus Wilken – 3/6
    • Jean van Schalkwyk – 3/9
    • Zeke Cloete – 2/1

Tweede wedstryd: JF vs Merensky

Merensky kon 67/9 in hul 20 boulbeurte aanteken. JF het vinnig geantwoord en die teiken gemaklik bereik met 70/3 in net 7 boulbeurte. JF wen met 7 paaltjies.

  • Uitblinkers met kolf:
    • Franco de Necker – 27*
    • Benco Olivier – 17
    • Cobus Wilken – 11
  • Ster-boulers:
    • Cobus Wilken – 5/8
    • Wihan Paulsen – 1/7
    • Duan Bastone – 1/10

✨ Met hierdie sterk vertoning het Jim Fouché se eerste span hulself as ’n krag om mee rekening te hou by die KOVSIE Smash Krieketweek gevestig!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://jf.co.za

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article