Selna van As Junior Ambassadeur van die Vaaldriehoek
Hoërskool Transvalia se uitstaande baan- en landloopatleet, Selna van As

Selna van As Junior Ambassadeur van die Vaaldriehoek


Hoërskool Transvalia, Vanderbijlpark – Valia Atletiek 2026. Baie geluk aan Hoërskool Transvalia se uitstaande baan- en landloopatleet, Selna van As. Selna het die afgelope naweek ’n besondere eer te beurt geval tydens die Vaaldriehoekse Sakekamer se Golden Triangle-geleentheid.

Uit ses genomineerdes (drie seuns en drie meisies) is Selna aangewys as die Junior Ambassadeur van die Vaaldriehoek – ’n uitsonderlike prestasie waarop Valia ongelooflik trots is!

Hierdie toekenning is ’n erkenning van haar indrukwekkende prestasies op internasionale vlak as lid van die Suid-Afrikaanse span, sowel as haar uitstekende vertonings by nasionale kampioenskappe waar sy verskeie medaljes verower het.

Selna is ’n ware ambassadeur vir Hoërskool Transvalia en ’n inspirasie vir elke VALIA-leerder. “Ons wens haar alle voorspoed toe met die pad wat voorlê!”

https://www.hstransvalia.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article