Die uitmuntende baan- en landloopatleet, Selna van As, het haar naam met trots in die geskiedenisboeke van Suid-Afrikaanse atletiek gevestig. Sy het nóg ’n goue medalje verower tydens die ASA Landloopkampioenskappe in Pretoria. Selna van As het die 2 km-wedloop met oortuiging gewen en daarmee haar status as dubbele SA-kampioen bevestig. Dit is ’n prestasie wat slegs ’n handjievol atlete ooit kan behaal.
VALIA is ongelooflik trots op Selna se merkwaardige prestasie en haar nalatenskap as ’n ware kampioen. Terwyl ons haar beslis gaan mis, wens ons haar net die beste toe vir die toekoms.
Die kampioenskappe het ook nog ’n blink hoogtepunt vir VALIA opgelewer: Miane de Clercq (O/14) het skitterend presteer en ’n silwermedalje verower – ’n bewys van haar talent en deursettingsvermoë.

Baie geluk, Selna en Miane – julle maak die VALIA-familie trots!
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.