Uitvoerende Raad 2027. Hoërskool Ermelo het die Uitvoerende Raad vir 2027 met groot waardering aangekondig. Hierdie jong leiers dra nie net die verantwoordelikheid om die skoolgemeenskap te verteenwoordig nie. Hulle het ook ‘n roeping om ’n voorbeeld vir elke Errie te wees.

Die skoolgemeenskap spreek hul gelukwense uit en wens die raad ’n geseënde jaar toe. Met passie, ywer en ’n sterk gevoel van roeping word hulle aangemoedig om nie bloot die skool te lei nie, maar om ’n werklike verskil te maak.

Die volgende leerders is vir die Uitvoerende Raad vir 2027 verkies:

President:

  • Janus Coetzee
  • Janeske J van Rensburg

Vise-President:

  • Carel Hancke
  • Aletha Kloppers

Adriani Voorsitter

  • Willem Jacobsz
  • Johandi Bezuidenhout

Voorsitter Nelstehuis:

  • Michaela Stock

Voorsitter Huis Veltman:

  • Christo Coetzee

Voorsitter-Sport:

  • Mnqobi Mabuza
  • Telisa Olivier

Penningmeester:

  • Ryno Maritz
  • Inke Oosthuizen

Sekretaris:

  • Andoré Doman
  • Drian du Plessis

Voorsitter-Kultuur:

  • Nina Te Water
  • Oden Duvenhage

Dié Erries se toewyding en visie sal ’n blywende nalatenskap skep en die tradisie van trots en prestasie by Hoërskool Ermelo versterk.

“Don’t just lead the school, make a difference!”

https://www.erries.co.za/

Foto’s voorsien

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article