BLOEMFONTEIN – Primêre Meisieskool Oranje het met trots die aanstelling van sy nuwe skoolleiers vir 2027 aangekondig. Die leerders wat tot hierdie belangrike rolle verkies is, het reeds bewys dat hulle oor die karakter, toewyding en diensgesindheid beskik wat ware leierskap kenmerk.

By Oranje word leierskap nie gemeet aan titels of kentekens nie, maar aan die bereidwilligheid om ander eerste te stel. Die leiers moet verantwoordelikheid aanvaar en ’n positiewe verskil in die skoolgemeenskap maak. Die skool het die nuwe leiers sterkte toegewens en vertrou dat hulle hul verantwoordelikhede met nederigheid, integriteit en deernis sal vervul.

Skoolleerderraad 2027

Hoofdogter: Lila Myburgh
Onderhoofdogter: Lea Cilliers

Louri Barrett, Illzé-Marie Basson, Lisa Bester, Ava Beukes, Katelynn Blignaut, Erin Dippenaar, Grace Dippenaar, Ziani Els, Liané Heckroodt, Melienke Hoek, Emma Jacobs, Anné Koortzen, Mikela Kritzinger, Marina Marx, Miané Momberg, Leana Myburgh, Nelly Nkokoto, Z’ney Piechaczek, Kara Pienaar, Milané van der Schyff en Ao Yamamoto.

Die E. le Rouxhuis-leiers vir 2027 is ook aangewys

  • Hoofmeisie – Milané van der Schyff
  • Onderhoofmeisie – Leana Myburgh

Die res van die E. le Rouxhuis-leierspan:

  • Taylor Viljoen,
  • Anja Lubbe,
  • Miandi van Loggerenberg,
  • Elizabeth Eksteen,
  • Mihle Dwenga,
  • Marlé Verster,
  • Mia Wilken en
  • Miné Zietsman

Met die aanstelling van die nuwe leierskapspan sien die skool met groot verwagting uit na 2027. Die leerders kry die geleentheid om nie net leiding te neem nie, maar ook ’n blywende positiewe invloed binne die skoolgemeenskap uit te oefen. Hulle sal ’n belangrike rol speel om Oranje se waardes uit te leef en die trotse tradisies van die skool voort te bou.

https://oranjeprimer.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article