Veels geluk aan Ruben en Wian vir uitsonderlike wiskunde-prestasies. Ruben Venter (graad 12) wat op 30 Julie 2026 aan die finale rondte van die South African Mathematics Foundation (SAMF) Olimpiade deelneem. Dit is ’n uitmuntende prestasie aangesien slegs die top 100 junior- en 100 senior-deelnemers landswyd genooi word.
Die finale vraestel duur vier uur en die vrae is op die moeilikheidsgraad van universiteitstoelatings-eksamens. Die Olimpiade word deur professore van verskeie universiteite onderskryf en het ten doel om die mees begaafde Wiskunde-leerders in die land te identifiseer. Nogmaals, baie geluk Ruben – jou prestasie is merkwaardig!
Wian Grobler (graad 12) wat ’n uitsonderlike 99% vir Verdere Studies Wiskunde behaal het. Hierdie vak, wat as ’n sewende verrykingsvak vanaf graad 10 geneem kan word, bied leerders die geleentheid om ’n internasionale matrieksertifikaat te verwerf en oorsee te gaan studeer. Die eindeksamen word reeds in Mei geskryf. Nogmaals, baie geluk Wian – ’n prestasie van formaat!






