PRETORIA – SAMF-prysuitdeling. Twee leerders van Hoërskool Menlopark het onlangs besondere erkenning tydens die SAMF-prysuitdeling van die South African Mathematics Foundation (SAMF) ontvang.
Erik Senekal, ’n graad 12-leerder, is as wenner van die senior afdeling vir kwintiel 5-skole aangewys. Hein van Brummelen het op sy beurt die junior afdeling vir kwintiel 5-skole gewen. Dié prestasies plaas hulle onder die land se voorste jong wiskundetalente.
Die SAMF speel ’n belangrike rol in die bevordering van uitnemendheid in wiskunde en bied aan leerders die geleentheid om hul probleemoplossingsvaardighede op ’n hoë vlak te toets. Om as wenners in hul onderskeie afdelings aangewys te word, getuig van harde werk, deursettingsvermoë en uitsonderlike akademiese vermoë.
Menlopark is uiters trots op die twee leerders se prestasies. Hulle toewyding en liefde vir wiskunde het hulle elkeen ‘n welverdiende erkenning besorg.
Baie geluk aan Erik en Hein met hierdie merkwaardige prestasie.
Foto verskaf






