Beyers Nel is Pietie van die jaar 2026
As oud-Pietie het Beyers hom onderskei as ’n wêreldleier in die mynbedryf

Beyers Nel is Pietie van die jaar 2026


Hoërskool Pietersburg het tydens die Aand van die Sterre 2026 hul Pietie van die Jaar, Beyers Nel, met groot trots vereer.

As oud-Pietie het Beyers hom onderskei as ’n wêreldleier in die mynbedryf. Sy loopbaan, waardes en nalatenskap maak hom ’n waardige ontvanger van hierdie gesogte titel. ’n Spesiale oorkonde is aan hom oorhandig. Dit verewig sy prestasies en leierskap wat elke Pietie inspireer om met integriteit en deursettingsvermoë hul drome na te jaag.

In sy toespraak het Beyers ’n tydlose les gedeel wat hy by ’n rugbyafrigter geleer het: “Kyk eers bietjie op voordat jy begin hardloop.”

Hierdie raad herinner ons dat ware sukses begin met perspektief, waardes en dankbaarheid – voordat ons koers kies en voluit hardloop.

Baie geluk, Beyers Nel. Dankie dat u die waardes van Hoërskool Pietersburg wêreldwyd uitleef en wys dat groot drome, harde werk en regte waardes jou tot by die sterre kan neem.

Per Aspera Ad Astra!

https://pieties.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article