Die Suid-Afrikaanse veldloopmotorfietsrenjaer Sharisma Kriel triomfeer en vestig haar naam met trots. Dit was tydens die 3de rondte van die Suid-Afrikaanse Nasionale Veldloopkampioenskap en die Streeksveldloopkampioenskap wat in Wartburg, KwaZulu-Natal, plaasgevind het. Hierdie kampioenskappe, dien as ’n belangrike platform waar streek- en provinsiale spanne om nasionale titels meeding. Dit is aangebied deur Athletics South Africa (ASA)
Kriel het die uitdagende 162 km-roete in ’n indrukwekkende 3 uur en 45 minute voltooi. Ten spyte daarvan dat sy vroeg in die wedren ses minute agter die voorloper was, het sy met vasberadenheid teruggeveg. Sy het die wenstreep net nege sekondes voor haar naaste mededinger oorgesteek.
Met hierdie oorwinning het Sharisma beide die Nasionale en Streeks Damesafdelings gekroon. Dit het haar deursettingsvermoë, tegniese vaardigheid en status as een van Suid-Afrika se voorste vroulike veldloopmotorfietsryers onderstreep. Haar prestasie is ’n inspirasie vir jong en opkomende ryers wat hul plek in die sport wil vestig.

Welgedaan, Sharisma – Kempies is trots op jou!







You must be logged in to post a comment.