SA-Nasionale Stoeikampioenskap - Goue sege vir Naudie-leerder
Jan-Phillip du Plessis behaal ‘n gouemedalje tydens die SA Nasionale Stoeikampioenskap

SA-Nasionale Stoeikampioenskap – Goue sege vir Naudie-leerder


WELKOM — SA-Nasionale Stoeikampioenskap. Primêre Skool Naudeville spog met ‘n splinternuwe stoeikampioen. Jan-Phillip du Plessis het op 2 en 3 Oktober 2026 aan die uitdagende SAWF Youth & President Nasionale stoeikampioenskap deelgeneem.

Hy het ‘n skitterende prestasie op die stoeimat behaal tydens die SA-nasionale stoeikampioenskap. Jan-Phillip het sy staal gewys en ná ‘n reeks taai gevegte die eersteplek in die onder-8-gewigsklas verower om met die gouemedalje te seëvier.

Die skool het hul trots en vreugde teenoor Jan-Phillip uitgespreek vir hierdie besondere uitkoms tydens hierdie stoeikampioenskap.

https://naudies.co.za

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article