Witteberg-leerders skitter by Internasionale Wetenskapskou
Wittebergers, Anabelle en Aninka by Internasionale Wetenskapskou

Hoërskool Witteberg skitter by Internasionale Wetenskapskou


Bethlehem – Hoërskool Witteberg is uiters trots om die uitstaande prestasies van twee van sy leerders, Anabelle en Aninke Bezuidenhoudt, by die Internasionale Wetenskapskou aan te kondig.

Anabelle het ’n goue medalje verower, saam met kontantpryse, en is aangewys as die Beste Junior Wetenskapsprojek in Wiskunde. Sy is verder bekroon as een van die Top 10 mees innoverende projekte. Sy het daarvoor ’n skootrekenaar ontvang. Haar projek word tans oorweeg vir deelname aan internasionale wetenskapskoue in lande soos Amerika, China, Indië, Turkye, Indonesië, Switserland en Brasilië.

Aninke het ’n silwer medalje verower, saam met kontantpryse, en is aangewys as die Beste Junior Wetenskapsprojek in Plantkunde.

Om uit duisende leerders regoor Suid-Afrika gekies te word en teen deelnemers uit lande soos China, Rusland, Indonesië en Brasilië mee te ding, is ’n besondere prestasie. Dat Hoërskool Witteberg-leerders hier op internasionale vlak presteer, is ’n groot eer vir die skool. Dit is ook ’n bewys van die gehalte van die skool se akademiese en navorsingsprogram.

https://witteberghs.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article