Hoërskool Witteberg in Bethlehem het onlangs weer sy naam onder die land se wetenskap-uitblinkers gevestig. Twee van die skool se leerders het uitstekende prestasies behaal tydens die Expo vir Jong Wetenskaplikes.
Aninke Bezuidenhout is met ’n silwer toekenning vir haar projek bekroon. Haar suster, Anabelle Bezuidenhout, het ’n goue toekenning ontvang. Anabelle se projek is boonop as die beste in haar kategorie aangewys en is een van slegs 13 projekte wat op die kortlys vir die International Science Fair (ISF) geplaas is. Uit hierdie 13 projekte sal ses gekies word om Suid-Afrika by die internasionale kompetisie te verteenwoordig.
Hierdie uitslae getuig van die leerders se toewyding, navorsingsvernuf en wetenskaplike gehalte, en dra daartoe by dat Hoërskool Witteberg se naam opnuut met trots onder die land se voorste jong wetenskaplikes genoem word.







You must be logged in to post a comment.