Internasionale Wetenskapskou - Naudie-leerders blink uit by Eskom Expo
Philip Bryssau wenner van ‘n silwermedalje by die Eskom Expo

Internasionale Wetenskapskou – Naudie-leerders blink uit by Eskom Expo


WELKOM – Internasionale Wetenskapskou. Primêre Skool Naudeville is trots op die uitstekende prestasie van leerder Philip Bryssau. Hy het van 29 September tot 2 Oktober aan die ISF (International Science Fair) Eskom Expo in Boksburg deelgeneem.

Philip het hom uitstekend van sy taak gekwyt. Hy is vir sy harde werk, toewyding en wetenskaplike ondersoek beloon met ’n silwer medalje. Die Internasionale Wetenskapskou bring die land se talentvolste jong navorsers byeen en bied leerders die geleentheid om hul projekte en innoverende idees op ’n hoë vlak aan beoordelaars voor te lê.

Om op hierdie vlak te presteer, verg baie deursettingsvermoë, voorbereiding en ’n passie vir wetenskap. Philip se silwer medalje is daarom ’n besondere prestasie wat nie net homself nie, maar ook sy skool en gemeenskap trots maak.

“Primêre Skool Naudeville wens Philip geluk met hierdie merkwaardige prestasie en sien uit daarna om sy toekomstige suksesse te vier. Hy is ’n ware inspirasie vir sy mede-leerders en bewys dat harde werk en toewyding beloon word.”

https://naudies.co.za

Foto voorsien

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article