Hoërskool Eldoraigne, Centurion, vier SA‑kleure vir Riana Schoeman. Op 29 Junie 2026 het Riana aan die Nasionale ACRO Sportkampioenskappe (SA’s), Vlak 9, deelgeneem en ’n merkwaardige prestasie gelewer.
Met ’n puik puntetelling van 9.783 het sy die 3de plek behaal – en daarmee die hoogste eer ontvang: haar Suid‑Afrikaanse kleure vir ACRO Sport.
Hierdie prestasie is ’n bewys van Riana se harde werk, toewyding en talent. Die Eldo’s is baie trots op haar en vier saam hierdie uitsonderlike mylpaal.






