Allegretto Eisteddfod – Dansers van Riebeeckrand skitter met uitmuntende prestasies

Allegretto Eisteddfod - Dansers van Riebeeckrand skitter met uitmuntende prestasies
Riebeeckrand Dans Talent by Allegretto Eisteddfod. (Foto voorsien)

Allegretto Eisteddfod – Dansers van Riebeeckrand skitter met uitmuntende prestasies


Allegretto Eisteddfod. Hoërskool Riebeeckrand, Randfontein, se deelnemers het met dansvreugde aan die Allegretto Eisteddfod deelgeneem.

Vyf leerders het onlangs hul talent op die verhoog laat skitter en uitmuntende prestasies behaal.

Die dansers wat deelgeneem het was as volg:

  • Miané Jacobs,
  • Thakgalo Sello,
  • Bokamoso Sello en
  • Rianell Bezuidenhout

Hulle het met styl en toewyding die naam van Hoërskool Riebeeckrand hoog gehou.

’n Besonderse prestasie het Thakgalo Sello te beurt geval. Hy het met ’n merkwaardige 97% die hoogste punt in die Dansafdeling vir Gauteng-Wes behaal.

Hierdie groep dansers het nie net hul vaardighede gewys nie, maar ook die gees van kultuur en kreatiwiteit van hul skool gedra.

“Julle inspirasie en harde werk laat die hele Riebeeckrandgemeenskap glimlag!”

https://riebeeckrand.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article