Hoërskool Rustenburg 1ste netbalspan het gedurende die Junie-vakansie hul talent en vasberadenheid ten toon gestel. Rusties 1ste netbalspan het tydens die gesogte Irene Seymore Netbaltoernooi in Potchefstroom hul staal gewys.
Met dissipline, karakter en uitstekende spanwerk het die span deurgaans netbal van die hoogste gehalte gelewer en hul plek op die podium verdien.
Rusties 1ste netbalspan uitslae
- Wen teen Upington, 28–15
- Wen teen Potchefstroom Volkskool, 32–15
- Wen teen Menlo, 22–19
- Verloor teen Oranje, 18–21
- Wen teen Nelspruit, 32–12
- Verloor teen Helpmekaar, 16–27
- Wen teen Monument, 24–19
- Wen teen Potchefstroom Gimnasium, 23–15
- Verloor teen Monument, 20–23 (Semi-finaal)
- Wen teen Oranje, 20–19 (3de plek-finaal)
“Die Rusties sluit die toernooi af met ’n puik 3de plek. Ons wens die span alle sterkte toe vir die komende SA Kampioenskappe – ons is trots op julle!”











You must be logged in to post a comment.