Sterkte, Oranje o. 13A‑tennisspan by Gerrie Berner‑toernooi
Sterkte, Oranje-tennisdogters

Primêre Meisieskool Oranje o. 13A‑tennisspan by Gerrie Berner


Bloemfontein – Primêre Meisieskool Oranje stuur haar o.-13A‑tennisspan met groot trots na die Gerrie Berner‑tennistoernooi. Die toernooi vind plaas van 21 tot 25 Oktober in die Paarl.

Die dogters is gereed om met passie te speel en hul beste te gee. Hulle gaan ook elke oomblik op die baan te geniet. Primêre Meisieskool Oranje staan bankvas agter hulle en glo dat hul toewyding en sportmanskap die skool se naam hoog sal hou.

“Ons wens die span alle sterkte toe – speel met trots, geniet die ervaring en wys die wêreld wat Oranje‑gees beteken,” het die skoolhoof gesê.

Oranje glo in haar dogters – gaan wys wat julle kan doen!

https://oranjeprimer.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article