Bloemfontein – Hoërskool Jim Fouché is trots om die nuwe hoofleiers vir 2027 bekend te maak. Hierdie jong leiers verteenwoordig nie net akademiese uitnemendheid nie, maar ook ’n sterk gevoel van verantwoordelikheid en toewyding aan hul skoolgemeenskap.
- Hoofdogter: Jomari Siebert
- Hoofseun: Josua Deacon
- Onderhoofdogter: Miené Spies
- Onderhoofseun: Franco de Necker
Die aanstelling van hierdie leiers is ’n bewys van hul integriteit, leierskap en die vertroue wat hul medeleerders en onderwysers in hulle stel. Hulle sal ’n belangrike rol speel in die bevordering van samehorigheid, skoolgees en die strewe na uitnemendheid.
Hoërskool Jim Fouché glo dat die 2027-hoofleiers met hul entoesiasme en visie ’n positiewe nalatenskap sal laat en ’n inspirasie vir hul medeleerlinge sal wees.
Foto verskaf




