SOMERSET-WES, Wes-Kaap – Hoërskool Parel Vallei het tydens sy jaarlikse Sport- en Kultuurprysuitdeling hul voorste atletiek- en landlooppresteerders vereer. Hierdie leerders het deurgaans uitstekende toewyding, deursettingsvermoë en sportmanskap getoon en die skool met onderskeiding verteenwoordig.

As deel van die vieringe word die skool se toppresteerders oor die volgende paar dae per sportkode bekendgestel. Die kollig val eerste op die atlete wat gedurende die afgelope jaar besonderse hoogtes bereik het.

Atletiek-atlete van die Jaar

Senior Dogters: Selmarie Erasmus
Senior Seuns: Jan-Paul Herselman
Junior Dogters: Lillie Pacquet
Junior Seuns: Hosea Trollip

Landloopatlete van die Jaar

Senior Dogters: Selmarie Erasmus
Senior Seuns: Andro Herselman
Junior Dogters: Rose Murphy en Katie Brink
Junior Seuns: Hosea Trollip

Hierdie toekennings getuig van die ontvangers se harde werk, toewyding en passie vir sport. Hoërskool Parel Vallei vereer elkeen van hierdie uitblinkers met hul welverdiende erkenning. Die skool bedank hulle dat hulle die Parel Vallei-vaandel met trots en onderskeiding hoog hou.

https://pvallei.co.za/af-za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article