Parel Vallei se fietsryers trap hul pad oop na Wes-Kaapse Top-Drie
Senior Dogtersfietsryer van die Jaar

Parel Vallei se fietsryers trap hul pad oop na Wes-Kaapse Top-Drie


Wes-Kaap – Dit was ‘n uitsonderlike jaar vir Hoërskool Parel Vallei se fietsryers. Die skool se span is as die beste gekombineerde fietsryspan (seuns en dogters) in die Wes-Kaap aangewys. Hierdie indrukwekkende prestasie plaas Parel Vallei saam met Paul Roos Gimnasium en Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai) onder die top drie fietsryskole in die provinsie.

Die besonderse sukses van die span getuig van die leerders se toewyding, harde werk en deursettingsvermoë. Verder ook die ondersteuning van afrigters, ouers en die breër skoolgemeenskap.

Tydens die skool se jaarlikse Sport- en Kultuurprysuitdeling is die uitstaande fietsryers van die jaar aangekondig. Die volgende leerders is vir hul uitstekende prestasies gedurende die seisoen vereer:

  • Karli Erasmus – Senior Dogtersfietsryer van die Jaar
  • Adriaan Willem Turck – Senior Seunsfietsryer van die Jaar
  • Rebecca Mathew – Junior Dogtersfietsryer van die Jaar
  • Dewan Ras – Junior Seunsfietsryer van die Jaar

Hoërskool Parel Vallei wens hierdie talentvolle fietsryers van harte geluk met hul welverdiende toekennings. Hul prestasies dien as inspirasie vir medeleerders. Dit bevestig ook die skool se status as een van die voorste fietsryskole in die Wes-Kaap.

Met ‘n jaar van merkwaardige sukses agter die rug, kan die Parel Vallei-fietsrygemeenskap met trots terugkyk op 2026 as ‘n seisoen van uitnemendheid en prestasie.

https://pvallei.co.za/af-za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article