Leeuwenhof Talente Skitter by Easterns Krieketproewe
Leeuwenhof Talente Skitter by Easterns Krieketproewe

Leeuwenhof Talente Skitter by Easterns Krieketproewe


Hoërskool Leeuwenhof, Bedfordview, Gauteng, vier ’n merkwaardige prestasie met vier van hul ster-spelers wat die finale rondte van die Easterns krieketproewe haal.

  • Dean Coetzer het met ’n briljante 104 nie uit nie van 56 balle sy slagkrag bevestig.
  • Ruan Coetzer het met sy veelsydigheid beïndruk. 53 en 47 lopies in twee wedstryde, plus uitmuntende boulwerk met 21 beurte, 5 paaltjies en 7 leë boulbeurte.
  • Gert Greyling het sy waarde bewys met 62 lopies in een wedstryd en 4 paaltjies oor drie wedstryde.
  • Duan Maree neem deel aan die 0/19-proewe en het reeds 11 paaltjies geneem, insluitend ’n uitstaande 5-paaltjie-vertoning.

Die finale proewe vind plaas op Sondag, 16 Augustus 2026 by Benoni High (0/16) en Hans Moore (0/19). Die hele Leeuwenhof-gemeenskap staan agter hierdie talentvolle jong krieketspelers en wens hulle sterkte toe in hul strewe om in die Easterns Nasionale span ingesluit te word.

https://leeuwenhof.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article