SA Nasionale Skole Skietspan. Hoërskool SPS Brandfort is baie trots op een van sy leerders. Rickus Steyn is gekies vir die SA Nasionale Skole Skietspan.

Die span het Maandag, 10 Augustus na Engeland vertrek. Hy gaan tot 22 Augustus deel wees van die Suid-Afrikaanse Nasionale Skole Skietspan. Die span, bestaande uit 23 skuts, neem deel aan die gesogte Britse Junior Internasionale Kampioenskappe wat in Bisley aangebied word.

Die skoolgemeenskap wens Rickus alle sukses toe en vertrou dat hy die geleentheid ten volle sal benut. Met sy deelname dra hy nie net die naam van sy skool nie, maar ook dié van sy land op die internasionale sporttoneel.

https://spsbrandfort.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article