SANSSU-span - Hoërskool SPS Brandfort trots op Rickus Steyn
SANSSU-span – Hoërskool SPS Brandfort trots op Rickus Steyn

SANSSU-span – Hoërskool SPS Brandfort trots op Rickus Steyn


SANSSU-span. Hoërskool SPS Brandfort vier sukses! Baie geluk aan Rickus Steyn, ’n uitmuntende skut van Hoërskool SPS, wat weer sy plek in die SANSSU-span verwerf het.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Skole Skietunie (SANSSU) bring skuts van tien provinsiale skietunies bymekaar, met deelnemers so jonk as 9 jaar tot en met Graad 12. Hierdie talentvolle jong skuts kompeteer in verskeie klasse – geweer-, presisie-, veer- en pistoolskiet – oor ’n afstand van 10 meter, volgens ouderdomsgroepe en dissiplines.

Rickus en sy spanmaats gaan Suid-Afrika verteenwoordig tydens die British Junior Internationals wat in Augustus in Engeland plaasvind.

Hoërskool SPS is ongelooflik trots op jou, Rickus – jou toewyding en prestasie inspireer almal.

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://spsbrandfort.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article