Onderwyskorps versterk. Hoërskool Volkskool Graaff-Reinet het onlangs sy onderwyskorps versterk met die aanstelling van Leratho Siyaya. Sy gaan Engels en Lewensoriëntering aan verskeie grade aanbied.
Leratho beskik oor ’n BA-graad in Engels en Kommunikasiekunde. Sy het ook ’n Nagraadse Onderwyssertifikaat (PGCE) vir Senior- en Verdere Onderwys- en Opleidingsfase. Sy bring ’n passie vir mense en verhoudings na die klaskamer. Leratho sien uit om ’n positiewe bydrae tot die skool se kultuur en tradisie te maak.
Haar gunstelingaanhaling, “Individually we are one drop, but together we are an ocean,” weerspieël haar oortuiging dat samewerking en respek die grondslag van sukses vorm.
As kind het sy gedroom om ’n maatskaplike werker te word. Sy glo dat haar roeping as onderwyser haar steeds in staat stel om leerders met omgee en regverdigheid te begelei. Leratho hoop dat sy eendag onthou sal word as iemand wat elke leerder met respek behandel het en in hul potensiaal geglo het.
Met haar aanstelling word die boodskap duidelik: Volkskool se familie groei, en Leratho Siyaya is nou deel van die span.



