Adjunkhoof amptelik aangestel. Hoërskool Witteberg het met trots aangekondig dat mnr. Jaco Ackerman amptelik aangestel is as adjunkhoof. Ná ’n tydperk waarin hy met groot toewyding as waarnemende adjunkhoof gedien het, is sy benoeming nou formeel bevestig.
Die skoolgemeenskap spreek waardering uit vir die waardevolle bydraes wat mnr. Ackerman reeds tot die bestuur en ontwikkeling van Witteberg gelewer het. Witteberg sien met verwagting uit na die volgende hoofstuk onder sy leiding.
Boodskap van mnr. Ackerman
“Dit is vir my ’n groot voorreg en eer om as adjunkhoof Hoërskool Witteberg en die Bethlehem-gemeenskap te kan dien en ’n positiewe verskil te probeer maak. Ek besef die verantwoordelikheid wat hiermee gepaard gaan, en daarom sal ek elke dag my beste gee vir my kollegas en die ongelooflike kinders wat voor my staan.
Dankie aan elkeen vir julle gebede, ondersteuning en vertroue in my. Ek sien regtig uit na hierdie nuwe geleentheid en om dit voluit aan te gryp. Mag ons altyd onthou dat alles net genade van Bo is.”





