Langenhoven Gimnasium vier Alaina en is ongelooflik trots op haar. Sy is tydens die 2026 Telkom Nasionale O.19‑Netbalkampioenskappe deur Netbal Suid‑Afrika se keurders as een van slegs agt Talent Identification (TID)‑spelers aangewys is.
Hierdie uitsonderlike prestasie beklemtoon Alaina se harde werk, deursettingsvermoë en uitstaande spelpeil. Sy is geïdentifiseer as een van Suid‑Afrika se belowendste jong netbalspelers. Dit is ’n erkenning wat nie net haar eie toewyding weerspieël nie. Maar ook die ondersteuning van haar familie, afrigters en die hele Langenhoven‑gemeenskap.
“Alaina, jy dra die naam van Langenhoven Gimnasium met trots en uitnemendheid. Ons wens jou alle voorspoed toe vir die opwindende pad wat voorlê en sien uit na nog vele hoogtepunte in jou netballoopbaan.”






