Langenhoven Gimnasium se Sterkman Skryf Geskiedenis
Shuan Boshoff SA se Sterkste Junior Man 2026

Langenhoven Gimnasium se Sterkman Skryf Geskiedenis


Langenhoven Gimnasium, Oudtshoorn, vier ’n merkwaardige prestasie. Shuan Boshoff, leerder van die skool, het hom onlangs gevestig as een van Suid-Afrika se sterkste jong manne.

  • 13 Junie | SA Log & Deadlift Championships – Shuan het ’n verstommende 285 kg deadlift gelig en daarmee ’n nuwe Afrika-rekord in die Junior-afdeling opgestel.
  • 4 Julie | SA Strongest Man 2026 – Sy toewyding en harde werk het vrugte afgewerp toe hy 1ste plek behaal en gekroon is as Suid-Afrika se Sterkste Man – Juniors 2026.

’n Ongelooflike prestasie wat nie net sy naam in die rekordboeke plaas nie, maar ook Langenhoven Gimnasium se trots bevestig!h

https://langenhovengim.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article