Langenhoven Gimnasium se hoogspring-ster, Equin Josephs, het sy drome met ’n reuse-sprong nader gebring. Hy is ingesluit in die SA Skole-atletiekspan. Die span gaan van 31 Augustus tot 3 September aan die COSSASA Games in Zimbabwe deelneem.
Maar sy prestasies hou nie daar op nie. Equin is ook gekies vir die ASA o.18-span wat van 4 tot 13 Desember in Maputo, Mosambiek, aan die Regions Games gaan deelneem.
Met ’n indrukwekkende sprong van 2.04 meter, bevestig hy sy plek as een van die land se top jong hoogspringers. Dit is ’n uitsonderlike prestasie vir ’n leerder van sy ouderdom – en ’n bron van trots vir sy skool en gemeenskap.
Langenhoven Gimnasium sien met groot opgewondenheid uit na die hoogtes wat Equin Josephs nog gaan bereik!
Foto verskaf






