Hoërskool Nelspruit Hokkie eindig Noordvaal A-uitspele met trots
Die 14A-dogterspan het ’n welverdiende bronsmedalje verower

Hoërskool Nelspruit Hokkie eindig Noordvaal A-uitspele met trots


Hoërskool Nelspruit se hokkiespanne het die afgelope naweek met trots aan die Noordvaal A-uitspele deelgeneem, waar hulle teen van die land se top skole meegeding het.

Die 14A-dogterspan het die seisoen op ’n hoogtepunt afgesluit deur ’n welverdiende bronsmedalje te verower. Ná ’n noue nederlaag in die semi-finaal teen Noordheuwel, het hulle vasberade teruggeveg en met 1-0 teen Transvalia in die derde-/vierdeplek-wedstryd geseëvier.

Die 15A-span het ook ’n sterk toernooi beleef en met konstante spel ’n 7de plek behaal. Die Eerstespan het dapper volgehou en die uitspele in 10de plek afgesluit.

Uitslae

Eerstespan

  • Verloor 0-4 vs EG Jansen
  • Gelykop 1-1 vs Potch Gim
  • Verloor 1-3 vs Midstream
  • Wen 1-0 vs Merensky
  • Wen 3-0 vs Zwartkop

15A-span

  • Wen 3-0 vs DF Malan
  • Gelykop 1-1 vs Waterkloof
  • Gelykop 1-1 vs Potch Gim
  • Gelykop 1-1 vs Ermelo (verloor 2–3 op 8-sekondes)
  • Verloor 0-1 vs EG Jansen
  • Wen 4-0 vs Merensky

14A-span

  • Wen 3-1 vs Monument
  • Wen 3-0 vs Zwartkop
  • Wen 1-0 vs Heidelberg Volkskool (kwartfinaal)
  • Verloor 0-1 vs Noordheuwel (semi-finaal)
  • Wen 1-0 vs Transvalia (3de/4de plek)

’n Groot dankie van Hoërskool Nelspruit aan al die spelers en afrigters vir hul harde werk, toewyding en die trots waarmee NHS se naam deur die seisoen verteenwoordig is.

https://nelliesh.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article