Krieket A-liga. Merensky Landbou Akademie, Tzaneen se eerste en o.15A-krieketspanne het Saterdag, 29 Augustus, hul A-ligawedstryde teen Hoërskool Piet Potgieter met glans beklink. Die eerste span het tuis op Merensky se velde gespeel, terwyl die o.15A’s in Mokopane kragte gemeet het. Beide spanne het die dag met oortuigende oorwinnings afgesluit.
Eerste span
Merensky het die loot gewen en eerste gekolf. Die Plasies het 238 lopies aangeteken voordat hulle in 46,3 boulbeurte uitgehaal is. Piet Potgieter kon slegs 197 lopies behaal in 42,2 boulbeurte, wat Merensky ’n sege van 41 lopies besorg het.
Uitblinkers met die kolf:
- James Durant – 59
- Schalk Rossouw – 48
- Zander Botha – 27
- Logan Jv Rensburg – 21
Uitblinkers met die bal:
- Wean Kruger – 4/26
- Schalk Rossouw – 3 paaltjies
- Waldo Mouton – 1 paaltjie
- Conrad Venter – 1 paaltjie
Speler van die wedstryd: Schalk Rossouw

o.15A-span
Die o.15A’s het ook die loot gewen en eerste gekolf. Hulle het ’n indrukwekkende 366/6 in 50 boulbeurte aangeteken. Piet Potgieter is toe vir slegs 69 lopies uitgekolf in 33.1 boulbeurte, wat Merensky ’n oorwinning van 297 lopies besorg het.
Uitblinkers met die kolf:
- Rheden Cordier – 163* van 110 balle
- Ejnar Joubert – 38
- Sebastian Keet – 34
Uitblinkers met die bal:
- Rijas Patel – 3 paaltjies
- Abdullah Khan – 3 paaltjies
- Barry Landman – 2 paaltjies
Speler van die wedstryd: Rheden Cordier
Baie geluk aan beide spanne met hul uitstekende vertonings en aan al die uitblinkers met hul individuele prestasies.
Plasies se volgende krieket uitdaging is teen Bochum Hub op 5 September.
Bochum Hub is ’n krieketontwikkelingsentrum in Limpopo, naby Polokwane, wat deel vorm van “Cricket South Africa se HUB-program.” Dit is nie ’n tradisionele skool nie, maar ’n gemeenskapsgebaseerde opleidingsentrum wat jong talent uit die streek ontwikkel en in formele ligas laat meeding.
Foto’s voorsien







You must be logged in to post a comment.