Hoërskool Garsfontein se Nuwe Skoolhoof verwelkom
Mnr De Kock kondig ‘n nuwe historiese oomblik aan

Hoërskool Garsfontein se Nuwe Skoolhoof verwelkom


Hoërskool Garsfontein, Pretoria, het vandag in Berepark ’n historiese oomblik beleef toe mnr. De Kock amptelik as nuwe skoolhoof verwelkom is. In ware Garsie-styl het hy op ’n rooi tapyt uit ’n motor gestap, terwyl elke graad hom met ’n unieke geskenk begroet het. Die klok wat hy gelui het, het nie net ’n nuwe skooldag ingelui nie, maar ook die begin van sy reis as leier van die Garsie-familie.

Met ’n erewag, luide applous en ’n atmosfeer van trots en vreugde, is mnr. De Kock se aankoms by Hoërskool Garsfontein ’n simbool van groei, nuwe drome en onvergeetlike Garsie-oomblikke.

Mag sy hoofskap gevul wees met vele prestasies wat die Garsfontein-naam verder laat skitter.

https://www.garsies.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article