Vrystaat Skole XCO-reeks - Fietsryers van Grey Kollege blink uit
Bernard Oelofse behaal ‘n derde plek in die “Junior Men” afdeling. (Foto’s verskaf)

Vrystaat Skole XCO-reeks – Fietsryers van Grey Kollege blink uit

Vrystaat Skole XCO-reeks - Fietsryers van Grey Kollege blink uit
Bernard Oelofse behaal ‘n derde plek in die “Junior Men” afdeling. (Foto’s verskaf)

Vrystaat Skole XCO-reeks. Grey Kollege se bergfietsryers het die afgelope naweek sterk vertonings gelewer tydens die tweede been van die Vrystaat Skole XCO-reeks. Dit is aangebied in Bethlehem. Die fietsryers het met vasberadenheid en uithouvermoë gery en die skool se naam met trots hoog gehou.

Die uitslae was soos volg:

Junior Men:

  • Bernard Oelofse het ’n welverdiende derde plek behaal.

Sub-Junior Men:

  • Dian Jacobs het die eerste plek verower.
  • Eduard Jacobs het sterk meegeding en die tweede plek ingeneem.
  • Ruben du Toit het die vierde plek behaal.

Team Relay:

  • Grey Kollege het die aflosspan oorheers met eerste én derde plek.

https://greycollegesecondary.com/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article