Met trots gaan Gimmies na Wêreldatletiek. Dit is ‘n ongelooflike prestasie van drie uitstaande atlete wat gekies is vir die Suid-Afrikaanse o.20-span na die World Athletics Championships in Oregon, VSA, van 5 tot 9 Augustus.
Gimmie se drie ster-atlete:
- Stephané Hook (Graad 12) – Spiesgooi
- Bertus van der Linde (Oud-Gimmie, matriek 2025) – 1 500 m
- Andrea Steynberg (Oud-Gimmie, matriek 2025) – 1 500 m
Om Suid-Afrika op die wêreldverhoog te verteenwoordig, is ’n mylpaal van harde werk, toewyding en deursettingsvermoë. Hierdie prestasie bevestig dat Gimmies nie net plaaslik uitblink nie, maar ook internasionaal hul merk maak.
Julle dra nie net die naam van Pochefstroom Gimnasium met trots nie, maar inspireer ook die volgende geslag atlete om groter te droom en harder te werk.

Sterkte met die voorbereiding – die hele Gimmie-familie staan bankvas agter julle. Julle wys dat geloof in jouself, harde werk en passie die sleutel tot glorie is!h







You must be logged in to post a comment.