Monties op pad na wêreld-atletiekverhoog
Atletiek SA-span vir gewigstoot en 4 x 400m aflosspan

Monties op pad na wêreld-atletiekverhoog


Hoërskool Montana, Pretoria, kondig met trots aan dat 2 Monties, Johanné Lamprecht en Isabella Gunter, gekies is om Suid-Afrika by die Wêreldatletiek o.20-Kampioenskappe in Oregon, VSA, te verteenwoordig.

Johanné is ingesluit in die Atletiek SA-span vir gewigstoot, terwyl Isabella deel sal wees van die 4 x 400m aflosspan.

Om vir ’n nasionale span gekies te word en aan ’n wêreldkampioenskap deel te neem, is ’n uitsonderlike prestasie wat jare se harde werk, toewyding en talent weerspieël. Min atlete kry die geleentheid om op hierdie vlak teen die wêreld se beste o.20-atlete mee te ding.

Hierdie prestasie is ook ’n huldeblyk aan hul afrigters, wie se beplanning, voorbereiding en begeleiding ’n onmisbare rol in hul ontwikkeling gespeel het. Hoërskool Montana spreek sy opregte waardering uit teenoor elke afrigter wat bygedra het tot hierdie sukses.

Monties is ongelooflik trots op Johanné en Isabella. Mag hierdie kampioenskap ’n ervaring wees wat hulle vir altyd sal koester.

Baie sterkte – julle dra nie net die Suid-Afrikaanse vlag met trots nie, maar ook die naam van Hoërskool Montana.

https://www.hsmontana.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article