Hoërskool Randburg o.14A-krieket skitter by Lowveld Invitational
Randjie-gees in aksie (foto’s verskaf).

Hoërskool Randburg o.14A-krieket skitter by Lowveld Invitational


Die o.14A-krieketspan van Hoërskool Randburg het onlangs aan die gesogte Lowveld Invitational by Penryn College in Witrivier deelgeneem. Buiten uitstekende krieket, was dit ’n toer vol waardevolle ervarings waar die seuns baie geleer het, sterk vriendskappe gebou het en die Randburg-gees met trots uitgedra het.

Hoogtepunte van die toernooi

  • Dag 1 vs Lowveld: Randburg teken 228 aan en boul Lowveld uit vir 56. Wen met 172 lopies. Uitblinkers: Ben Aucamp (64), Liam Harmse (75)
  • Dag 2 vs Garsfontein A: Randburg teken 116; Garsfontein wen. Uitblinker: Marco Lombaard (31)
  • Dag 2 vs Menlopark B: Randburg 110; Menlopark wen met 6 paaltjies.
  • Dag 3 vs JR Academy: Randburg 118; JR Academy wen met 5 paaltjies. Uitblinker: Julian Hildebrand (52)
  • Dag 3 vs Penryn College: Randburg 257; Penryn 88. Wen met 169 lopies. Uitblinkers: Marco Lombaard (92), Ben Aucamp (78), Julian Hildebrand (52)
  • Dag 4 vs Garsfontein B: Randburg 151/2; wen met 8 paaltjies. Uitblinker: Christiaan Postumus (78)

Die toer was ’n groot sukses – nie net op die veld nie, maar ook in die bande wat gesmee is en die trots waarmee die Randburg-kleure gedra is. Hierdie jong kriekethelde het hul skool met waardigheid en passie verteenwoordig.

https://www.hsrandburg.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article