Potchefstroom Gimnasium se eerste krieketspan het gedurende die vakansie na Nelspruit gereis om aan die gesogte Mozzie-week deel te neem. Hier het die span hul Gimmies-krieket vaardighede getoets teen die land se sterkste skoolspanne en waardevolle ervaring opgedoen. Die Gimmies het met trots en deursettingsvermoë gespeel. Die week het ook waardevolle wedstrydervaring opgelewer, met ‘n goeie oorwinning teen Windhoek Affies.
Uitslae:
- Speel gelykop teen Menlopark
- Wen met 76 lopies teen Windhoek Affies
- Verloor met 155 lopies teen Jeppe Boys’ High
- Verloor met 13 lopies teen Waterkloof (T20-wedstryd)

“Baie geluk aan die spelers en afrigters met die manier waarop julle Gimmies verteenwoordig het. Ons sien uit na Gimmies-krieket vir die res van die seisoen!”







You must be logged in to post a comment.