Gimmies blink uit by nasionale hokkie! Gedurende die afgelope vakansie het Potchefstroom Gimnasium se hokkiespelers Noordwes-spanne by nasionale toernooie met trots verteenwoordig. Wat hierdie prestasie nóg meer besonder maak, is dat verskeie van ons spelers met leierskapsrolle as kaptein en onderkaptein vereer is.

Dogters

  • O.14A Kaptein: Valri Janse van Rensburg Onderkaptein: Miané Schutte
  • O.16A Kaptein: Lienke Coetzee – span eindig algeheel 2de – ’n besonderse prestasie!
  • O.16B Onderkaptein: Emilie Burger – span eindig algeheel 3de – ’n uitstekende prestasie!
  • O.19A Kaptein: Tiekie Jonker

Seuns

  • O.14A Kaptein: Cody McCarthy en Onderkaptein: Duan Deacon
  • O.16A Onderkaptein: Handré Kemp
  • O.19A Onderkaptein: Benjamin van Wyk

Baie geluk aan elke Gimmie wat Noordwes met trots verteenwoordig het. Julle leierskap, toewyding en passie vir hokkie is ’n inspirasie. Gimmies is ongelooflik trots op die manier waarop julle die Gimmie-naam uitgedra het.

https://gimmies.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article