Super 12-toernooi. Laerskool Menlopark se o.13-krieketspan het die afgelope week in Rustenburg deelgeneem aan die Super 12-toernooi. Hulle het ’n merkwaardige vertoning gelewer tydens die toernooi. Die span wen vyf van hul ses wedstryde en eindig in ’n glansryke vyfde plek algeheel.
Die seuns het met ware spangees en deursettingsvermoë elke wedstryd aangepak en Menlo se naam met trots laat weerklink.
Uitblinkspeler Andreas Basson het in die kragmeting teen Laerskool Saamtrek ’n droomprestasie gelewer deur vyf paaltjies plat te trek. Dit was ’n hoogtepunt wat die toernooi se geskiedenis kleur gegee het.

Die afrigtingspan en spelers kan met reg trots wees. Hierdie toernooi is net die begin van ’n seisoen wat groot belofte inhou. Die Menlo-trein is op koers!







You must be logged in to post a comment.