Daniël Jansen van Vuuren gekies vir Nasionale Presidentspan
AVS Rugby o.16 Nasionale Presidentspan

Daniël Jansen van Vuuren gekies vir Nasionale Presidentspan


Hoërskool Montana, Pretoria, vier met trots die uitsonderlike prestasie van Daniël Jansen van Vuuren, wat verkies is tot die AVS Rugby o/16 Nasionale Presidentspan.

Hierdie prestasie is ’n bewys van sy harde werk, toewyding en passie vir rugby. Om op nasionale vlak gekies te word, is ’n groot eer en ’n geleentheid om Suid-Afrikaanse rugby te verteenwoordig.

Die span toer gedurende die Oktober-skoolvakansie na Namibië, waar Daniël en sy spanmaats hul talent op internasionale vlak sal uitleef.

“Daniël, ons is ongelooflik trots op jou. Mag jy elke oomblik geniet, elke kans aangryp en Monties met trots verteenwoordig.”

https://www.hsmontana.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article