Primêre Meisieskool Oranje is baie trots op hul twee talentvolle Eendjies met hul uitstekende perdry-prestasies tydens die vakansie!
- Kiara van der Merwe het die Vrystaat Prelim (Vlak 2)-span tydens die Suid-Afrikaanse Perdrykampioenskappe verteenwoordig. Die span het ’n algehele derde plek en bronsmedalje behaal. Sy het ook ’n 5de plek in Freestyle verower en is met die toekenning vir die vriendelikste ruiter vereer.
- Anja Lubbe het by die Suid-Afrikaanse Boerperd Nasionale Kampioenskappe (13–18 Julie in Parys) puik presteer: 1ste – Springkompetisie (40 cm); 1ste – Veelsydige Ryperd o.13; 3de – Universele Kinderryperd o.13; 3de – Universele Kinderruiter o.13
Baie geluk aan julle albei! Julle harde werk, toewyding en passie maak Oranje ongelooflik trots.






