Con Spirito Debatkompetisie - Bergsig Akademie blink uit
Van links: Mieke van der Bank, Zandre Myburgh, Johannique Koekemoer en Karah Gouws

Con Spirito Debatkompetisie – Bergsig Akademie blink uit


Con Spirito Debatkompetisie. Vyf debatspanne van Bergsig Akademie, Rustenburg, het die afgelope week hul redenaarsvernuf by die Con Spirito Debatkompetisie ten toon gestel. Twee van die spanne het met uitmuntende prestasie as Provinsiale wenners uit die stryd getree.

Die juniorspan het bestaan uit die volgende leerders:

  • Mieke van der Bank
  • Karah Gouws

Die Seniorspan het bestaan uit:

  • Zandre Myburgh
  • Johannique Koekemoer

Hierdie leerders het die skool se naam hoog gehou met hul mooi prestasies.

Met die oorwinning dring Zandre en Johannique deur na die semi-finale rondte wat van 27 tot 29 Augustus in Pretoria aangebied word.

“Die Bergsig-gemeenskap spreek hul hartlike gelukwense uit aan hierdie leerders wat met toewyding en talent die debatkuns bemeester het.

https://www.bergsigacademy.net/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article