DF Akademie is trots om aan te kondig dat Charné Hickman (Gr. 9) op Vrydag 21 Augustus 2026 aan die Wes-Kaapse Gimnastiekkampioenskappe in Saldanha deelgeneem het en uitstekend presteer het.
Haar uitmuntende vertoning het haar gekwalifiseer om die Wes-Kaap in haar vlak 5-groep by die SA Gimnastiek Spele te verteenwoordig.
Charné sal saam met die WP-span die Wes-Kaap met trots verteenwoordig. ’n Merkwaardige prestasie wat haar toewyding en talent beklemtoon. Welgedaan, Charné – die hele DF Akademie is ongelooflik trots op jou!
Foto verskaf






