Kansvatter-Redenaarskompetisie. Hoërskool Framesby se graad 8‑leerling, Emily‑Rose Loock, het haar redenaarsvernuf onlangs ten toon gestel tydens die semi‑finaal van die Kansvatter‑redenaarskompetisie. Sy het ’n uitsonderlike A++‑prestasie behaal en dring nou deur na die nasionale finaal wat van 17 tot 19 September in Pretoria plaasvind.
Die Kansvatter‑kompetisie is ’n unieke platform waar jong redenaars hul vaardigheid toets om ‘n onderwerp onvoorbereid aan te pak. Deelnemers kry ’n tema of vraag en moet binne ’n kort tyd ’n samehangende, oortuigende toespraak lewer. Dit verg nie net taalvaardigheid nie, maar ook kreatiewe denke, selfvertroue en die vermoë om vinnig te redeneer.
Emily‑Rose se prestasie is ’n bewys van haar talent en deursettingsvermoë.
Die Framesby‑gemeenskap wens haar alle voorspoed toe met die voorbereiding vir die nasionale rondte.






