Drie Bothaville Hoërskool-sterre is gekies vir die Vrystaat-span! Baie geluk aan die gimnaste met hul uitmuntende prestasies tydens die naweek se kompetisie! Die skool is ongelooflik trots om aan te kondig dat al drie meisies, Mené Malan, Amanda Malan en Carien Nothnagel, in die Vrystaat-span opgeneem is.

  • Mené Malan is algeheel 6de in haar ouderdomsgroep
  • Amanda Malan behaal ‘n 3de plek op Balk en algeheel 5de in haar ouderdomsgroep
  • Carien Nothnagel behaal ‘n 2de plek op spronge, 3de plek op balk en algeheel 4de in haar ouderdomsgroep

Hulle sal gedurende die vakansie, van 23 September tot 4 October 2026 die Vrystaat verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Gimnastiekkampioenskappe. Gimnaste van oral in Suid-Afrika sal deelneem – ’n groot eer en ’n merkwaardige mylpaal.

Bothaville Hoërskool wens julle baie sterkte en sukses toe vir die kampioenskappe. Julle maak Bothaville baie trots, meisies!

https://www.facebook.com/BothavilleHS/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article